FairPlay founder Francois Baird appears on Before Dawn, the Agriculture Show on OFM, to discuss South Africa’s chicken dumping crisis.
Listen to the recording here. Please note that this interview is in Afrikaans.
Die storting van bevrore hoenderprodukte in Suid-Afrika deur lande soos Brasilië is tot groot nadeel van die plaaslike bedryf. Suid-Afrikaanse produsente, veral kleiner produsente, verbruikers en die hele waardeketting word geraak.
Francois Baird, stigter van die teenstortingsbeweging, FairPlay, wat hom daarop toespits om die negatiewe uitwerking van storting in Suid-Afrika te beklemtoon, sê die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf is mededingend, maar dit word oorweldig deur die storting van hoenderprodukte. Produkte word teen ‘n laer prys verkoop as waarteen dit in Suid-Afrika vervaardig kan word.
Subsidies van betrokke lande se regerings dra daartoe by dat produkte goedkoper in Suid-Afrika gestort kan word. Baird meen nog ‘n rede vir die storting is ‘n sekere deel van hoendervleis (wit) word teen ‘n hoë prys gekoop in markte in sekere lande soos Amerika, waar daar ‘n groot aanvraag is. Dit lei daartoe dat groot hoeveelhede bruin hoendervleis beskikbaar is, omdat witvleis teen ‘n hoë prys aangekoop word.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Baird gepraat. Luister hier.…