Chicken Industry

Vere waai oor ingevoerde hoender

Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, wou twee pakke bevrore hoenderporsies aan die Europese Kommissie se handelsraadgewer oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstukke waarvan die oorsprong nagespeur kon word. Die ander het hoenderstukke met twee verskillende besendingnommers bevat, waarvan die etiket ’n moontlike oorsprong uit tien lande aandui. Foto: Nico van Burick.

Harde woorde het geval tussen mnr. Francois Baird, die stigter van die FairPlay teenstortingsbeweging, en me. Dessy Choumelova, handelsraadgewer van die Europese Kommissie in Pretoria, by ’n konferensie waar handelsbetrekkinge onder die soeklig gekom het.</

Baird het op Farmer’s Weekly se AgriBesigheid Afrika-konferensie in Kempton Park ges&ecirc; 44% van hoendervleis wat in Suid-Afrika verbruik word, is ingevoer en dit het al tot 6 000 werksverliese in Suid-Afrika se hoenderbedryf gelei. In Kameroen het 120 000 werksgeleenthede verlore gegaan en Ghana se hele bedryf is weens storting vernietig.

“Sedert ek by FairPlay betrokke is, het ons vier lesse geleer: By handel met groot handelsvennote moet ons nie net konsentreer op wat hulle s&ecirc; nie, maar ook op wat hulle doen. Die twee stem nie altyd ooreen nie.

“Daarby moet Suid-Afrika sy rug styf maak in onderhandelinge. Die groot spelers se taktiek is om ‘n pistool teen jou kop te hou gevolg deur ‘n opdrag.

“Die derde les is dat storting teen die re&euml;ls is, maar nie onwettig nie. Ons wil h&ecirc; dit moet strafbaar wees. Ho&euml;r tariewe is nie voldoende nie. Daarby moet daar vergoeding wees vir skade wat reeds in die verlede aangerig is. Vryhandel is baie belangrik, maar dan moet die speelveld gelyk wees en dit geld vir alle bedrywe.”

Baird wou twee pakke bevrore hoenderporsies aan Choumelova oorhandig. Een was Suid-Afrikaanse hoenderstukke waarvan die oorsprong nagespeur kon word. Die ander het hoenderstukke met twee verskillende besendingnommers bevat, waarvan die etiket ‘n moontlike oorsprong uit tien lande aandui.&nbsp;

Nie feitelik

Choumelova het teruggekap deur te s&ecirc; FairPlay se mediaveldtog is nie op feite gegrond nie. Daar is nie sprake van storting nie omdat Europese hoender duurder as ander beskikbare hoender is. Sy s&ecirc; van die 10 lande wat hoender uit Europa ingevoer het, is daar nou net twee oor weens vo&euml;lgriep en in 2016-’17 het Europese invoer na Suid-Afrika met 71% gedaal. Sy s&ecirc; die ingevoerde hoender kom uit Amerika en Brasili&euml;. Daar is ook geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere om uit te voer, maar hulle stel klaarblyklik nie belang nie.

“Die EU is gekant teen proteksionisme, want dit beteken nie beskerming nie. Dit skaad langtermynverhoudings in ‘n w&ecirc;reld waar almal interafhanklik en met mekaar verbind is. Ons moet werk aan ‘n wen-wen situasie en ons uitsprake moet op feite gegrond wees.”

Me. Tatiana Mata, ‘n landbousakespesialis van Mosambiek, het ges&ecirc; soms is daar ook storting van ingevoerde hoender in Suid-Afrika se buurlande waar Suid-Afrika net as deurgang gebruik word.