Chicken Industry

INVOER DALK SPYKER IN EKONOMIE SE DOODSKIS

‘N REGERINGSREDDINGSBOEI aan die hoenderbedryf is’ n ekonomiese noodsaaklikheid, met wyer implikasies as net hoender. Só sê mnr. Mike Schüssler, ekonoom van economists.co.za, oor die pluimveebedryf se aansoek vir ’n hoër tarief op ingevoerde hoendervleis. Schüssler,Proudly SA,die Food and Allied Workers’ Union(Fawu) en die teenstortingsbeweging FairPlay, het hul steun toegesê aan die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se aansoek vir ’n invoertarief van 82% op stukke aan die been en beenlose stukke.

“Ons kan nie toelaat dat bedrywe wat doeltreffend is en duisende mense in diens neem, ineenstort nie,” sê Schüssler in ’n verklaring wat deur FairPlay uitgereik is. “Ons het handel nodig en ons wíl handel hê, maar ons het ’n gelyke speelveld nodig. As ons pluimveebedryf ondergaan, is die kanse goed dat ons mielieen snelgroeiende sojabedryf ook daaronder sal ly.”

MIN BESKERMING

Hy wys daarop dat Suid-Afrika een van die min voedseluitvoerlande is wat baie min subsidies en beskerming aan boere en die voedselbedryf bied. “Die land het nie lae rentekoerse vir sy voedselverwerkers of minimum prysondersteuning nie. Dit bied nie elektrisiteit- of brandstofsubsidies aan produsente van hoenders of gewasse nie. Dit subsidieer nie gewasse wat verwerk word tot hoendervoer nie.”

In teenstelling hiermee het voedselprodusente in die meeste lande volgens hom sterk drukgroepe aan wie hul regerings aandag gee.

“Tog verrig ons voedselprodusente wonderwerke. Ons moet besef dat die grootste subsektor in landbou besig is om dood te gaan weens onbillike voordele wat ander lande geniet, wat die laaste spyker in die doodskis van dielandelikeekonomiekanwees.

“Die werksverliese sal nie net in die pluimveebedryf wees nie, maar ook in die mielie- en sojabedryf, in verwerking, vervoer … en dis dorpe wat geraak sal word.” Schüssler sê Suid-Afrika moet besef dat daar ’n langtermynbedreiging is. “As hierdie bedryf faal, sal invoer styg en die waarde van uitvoer laat daal. “Ons sal ’n styging in die tekort op ons lopende rekening met die res van die wêreld sien. Dit sal die rand mettertyd verswak en ingevoerde hoender sal verbruikers dan in elk geval meer kos,” sê Schüssler.

GOEDKEURING

Mnr. Katishi Masemola, hoofsekretaris van Fawu, doen ’n beroep op die Regering om die SAPV se tariefaansoek goed te keur sodat minder hoender ingevoer sal word en Suid-Afrikaanse hoenderprodusente kan uitbrei en werksgeleenthede skep. FairPlay sal in kommentaar op die aansoek sy steun daaraan toesê en hoop nóg organisasies sal dieselfde doen, sê mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay.

“Invoer voorsienaandie toenemende plaaslike vraag na hoendervleis, en werkgeleenthede in die hoenderbedryf gaan na ander lande pleks dat geleenthede vir Suid-Afrika se eie mense geskep word in ’n hoogs doeltreffende bedryf,” sê Baird.

Mnr. Eustace Mashimbye, uitvoerende hoof van Proudly SA, sê “as die instel van hoër invoertariewe tot die herstel van verlore werkgeleenthede en die skep van nuwes sal lei, het die SAPV ons volle steun”. – CARIEN KRUGER