Sugar Industry

Suikerboere vra beskerming teen invoer

Die suikerbedryf het gister die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) gevra vir beter beskerming teen goedkoop ingevoerde suiker.

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging vra vir ‘n verhoging van $566 per ton tot $856 per ton in die verwysingsprys in dollar waarop invoertariewe gegrond word.

Wanneer die wéreldsuikerprys tot onder die verwysingsprys daal, is die regering teoreties veronderstel om die invoertariewe te hef, maar volgens die suikervereniging is daardie proses in praktyk baie traag.

Nou word die bedryf blootgestel aan stygende volumes suiker van lande waar suikerboere deur groot subsidies bevoordeel word. As die verwysingsprys verhoog word, beteken dit dus die invoertarief sal op ‘n hoér vlak intree.

Francois Baird, stigter van die organisasie FairPlay, wat hom vir regverdige en billike handelsbeleid beywer, het in ‘n verklaring gesé buigsamer tariefbeskerming is nodig om die suikerbedryf te help stabiliseer sodat dit kan groei, werk skep en kan uitbrei na nuwe gebiede.

Dit sluit in die vervaardiging van etanol vir brandstof en om suiker rietreste te gebruik as biomassa vir die opwekking van elektrisiteit. Suikerinvoer van hoofsaaklik Brasilië af het van 114000 ton in 2016 tot 520 000 ton verlede jaar vervierdubbel. Brasilië produseer ‘n kwart van die wêreld se etanol uit suikerriet en die meeste motors in Brasilië gebruik ‘n mengsel van etanol en konvensionele brandstof wat uit olie geraffineer is.

Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf raam 15000 mense het reeds hul werk verloor weens die mededinging van goedkoop ingevoerde suiker.

Annette Steyn, DAwoordvoerder oor landbou, sê die suikerbedryf het al maande gelede by Ttac aansoek gedoen om die invoertarief weer in te stel en die verwysings prys te verhoog.

Tot nog toe het die kommissie en die departement van handel en nywerheid, onder wie se toesig Itac val, volgens haar nog niks gedoen nie en nie enige suikerboere gekonsulteer nie.

Itac het gister ‘n sitting oor die aansoek in Pretoria gehou en FairPlay en die DA het buite die Itackantoor betoog.

Steyn sê die gebrek aan beskerming teen goedkoop invoer en die suikerbelasting (herdoop tot ‘n gesondheidsheffing) plaas die bedryf met sy 85 000 werknemers onder druk.

Francois Williams