Dit is daar “waar goeie beleid doodgaan”, ten gunste van groot lande en tot nadeel van klein lande, sê; mnr. Francois Baird, stigter van die FairPlay-teenstortingsbeweging.
Hy het op die AVI Africa-pluimveekonferensie in Kempton Park gesê; die reëls van die spel moet verander, maar enige stryd met die WHO sal jare lank duur. Hoewel storting volgens hom immoreel is, is dit nie onwettig nie. Dít moet op lang termyn verander word.
FairPlay veg volgens hom teen “krokodilhandel” wat ‘n land se plaaslike bedryf vernietig.
Suid-Afrika is ‘n klein land wanneer dit by internasionale handel kom en het dus nie “genoeg tenks” om teen storting te baklei nie. Daarom moet die land dit slim doen, selfs deur groot magte, soos Amerika, te betrek wat self uitgesproke is teen storting.
Oor die storting van hoendervleis in Suid-Afrika, het Baird gesê; een van die maniere om die speelveld gelyker te maak, is om seker te maak dat ingevoerde hoendervleis aan dieselfde reëls as plaaslike hoendervleis voldoen, soos om op die etiket presies te sê; waar dit vandaan kom.
Meesterplan vir pluimveebedryf nodig
Die organisasie word deur ‘n paneel internasionale kenners bygestaan en het dié kundigheid ook onlangs aan die Departement van Handel en Nywerheid aangebied.
Ná ‘n onlangse vergadering met die departement, sê; Baird sy indruk is dat daar nou ” ‘n groter, dringender bereidheid” is om saam te werk teen storting.
‘n Meesterplan moet vir die pluimveebedryf opgestel word. Baird is beïndruk met ‘n soortgelyke plan vir die tekstielbedryf, wie se jaarlikse inkomste van R21 miljoen vier jaar gelede tot R4,7 miljard gestyg het, onder meer danksy die gebruik van tegnologie om naspeurbaarheid te verbeter.
Hy het gesê; die plaaslike kleinhandel moet aanspreeklik gehou word vir ingevoerde hoendervleis. Dit kan bevorder word met soortgelyke tegnologie waarmee ‘n verbruiker op sy selfoon kan kyk presies waar hoendervleis vandaan kom, selfs gaar hoendervleis.
Volgens hom moet die koalisie teen storting uitgebrei word om ander bedrywe in te sluit. “Mielieboere, die vervoerbedryf en die kleinhandel moet besef dat hulle ook deur die storting van hoendervleis bedreig word.”
Carien Kruger