Chicken Industry

PLUIMVEE: PRYSE DAAL

Die produsenteprys van braaihoender produkte het in die tweede helfte van verlede jaar gedaal. Mnr. IzaakBreitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging(SAPV) se braaihoender organisasie, sê aan die aanbodkant was daar veral in die tweede helftevan die jaar ‘n groot styging in invoer, wat pryse onder druk geplaas het.

Aan die vraagkant is dit uit verslae van die klein handel sekt orduidelik dat verbruikers swaar kry. Die produsenteprys van bevrore braaihoender produkte, wat byna 90% van verkope verteenwoordig, het luidens die SAPV se jongste prys verslag in 2018 op R20,59/k q begin, in die loopvan die jaar tot R21,41/kq gestyg, maar teen Oktober tot R20,94/kg teruggesak. In 2017 het die prys met 15% tot R20,44/kq gestyg.

Kitsbevrore stukke, wat sowat die helfte van produkte verteenwoordig, maar ook die kategorie is wat die meeste deur invoer benadeel word,se gemiddelde maandelikse produsenteprys was vroeg in 2018 R23,32/kq, maar teen Oktober het dit tot R21,50/kg gedaal. Dié snittesepryse het in 2017 met 27,8% tot R21,73/kq gestyg nadat die regering se15% – pekelperk vir stukke aan die been in Oktober 2016 inwerking getree het. Wat vars produkte betref, was die gemiddelde produsenteprys in Januarie 2018 gemiddeld R31,26/kq, maar dit het later indie jaar gedaal, en teen Oktober was dit R30,05/kq. In 2017 het die prys met 8% gestyg.