Chicken Industry

Meesterplan vir pluimveebedryf word uit verskeie oorde verwelkom

Izaak Breitenbach from the South African Poultry Association is positive about the new poultry industry master plan. He discusses the details with Christal-Lize Muller on OFM. Please note this is a two-part podcast in Afrikaans.


Listen to part one here.


Listen to part two here.


Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is positief oor ‘n nuwe meesterplan vir die pluimveebedryf, wat die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, op Cyril Ramaphosa se onlangse beleggingskonferensie in Sandton aangekondig het.


Die vereniging se hoofbestuurder, Izaak Breitenbach, sê alle betrokkenes, insluitende produsente, invoerders en vakbonde, sowel as die regering se strategiese insette, was van groot belang en danksy Patel en die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, is daar vir die eerste keer ‘n bloudruk om die bedryf vorentoe te neem. Hy sê dié plan kom op die regte tyd nadat die pluimveebedryf die afgelope tien jaar swaargekry en gekrimp het.


‘n Omvattende ooreenkoms is met dié plan bereik om die bedryf te bevorder. ‘n Paar komponente van dié meesterplan sluit in die bevordering van plaaslike produksie met die fokus op die verhoging van die plaaslike verbruik van hoenderprodukte. Daarmee saam gaan hoender na Afrika-lande, die Midde Ooste en die Europese Unie (EU) uitgevoer word.