DIE stryd teen storting moet tot by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) geneem word. Dit is dáár “waar goeie beleid doodgaan” ten gunste van groot lande en tot nadeel van klein lande, sê mnr. Francois Baird, stigter van die FairPlay-teenstortingsbeweging.
Baird het op die AVI Africa pluimvee konferensie in Kempton Park gesê die reëls van die spel moet verander, maar enige stryd met die WHO saljare duur. Hoewel storting volgenshom immoreel is, is dit nie onwettig nie. Dít moet egter op lang termyn verander word. FairPlay veg volgens Baird teen “krokodilhandel” wat ‘n land seplaaslike bedryf vernietig.
Suid-Afrika is ‘n klein land wanneer dit by internasionale handel kom en het dus nie “genoeg tenks” om teen storting te baklei nie. Daarom moet die land dit slim doen, selfsdeur groot magte, soos Amerika, te betrek wat self uitgesproke isteen storting.
Oor die storting van hoendervleis in Suid-Afrika het Baird gesê eenvan die maniere om die speelveld gelyker te maak, is om seker te maak ingevoerde hoendervleis voldoen aan dieselfde reëls as plaaslike hoendervleis, soos om op die etiket presieste sê waar dit vandaan kom.