Podcast

#FairPlay: ‘Invoer van hoenderprodukte na SA neem astronomies toe’

FairPlay’s Lionel Adendorf appears on OFM to discuss rampant chicken imports into South Africa, and the EU’s approach to South Africa’s poultry industry.


Listen to the recording here. Please note that this interview is in Afrikaans.


Die invoer van hoenderprodukte uit veral die Europese Unie (EU) en lande soos Brasilië het die laaste ruk met ‘n astronomiese 190% toegeneem.


Dit is volgens Lionel Adendorf, voorsitter van die teenstortingsbeweging, FairPlay, wat meen hierdie groeiende probleem kan die plaaslike pluimveebedryf permanent beskadig. Adendorf sê ook na beraming gaan 12% van werksgeleenthede binne die pluimveebedryf elke jaar verlore as gevolg van die storting van hoenderprodukte in Suid-Afrika. As iets nie gedoen word nie kan die plaaslike pluimveebedryf tot niet gaan, nes in Ghana en Kameroen gebeur het.


Adendorf het ook gereageer op die onlangse EU-studie wat die sogenaamde krisis in Suid-Afrika se pluimveebedryf ondersoek, maar wat volgens Adendorf oneerlik is. Die studie stel voor, onder andere, dat Suid-Afrika se pluimveebedryf sou baat deur nóg invoer van hoenderprodukte uit die buiteland. Adendorf meen dis juis invoer wat gelei het tot die huidige krisis. Hy sê ook verder dat die EU-studie die plaaslike pluimveebedryf in ‘n slegte lig stel.


OFM-nuus se Vernon Baumann het met Adendorf gepraat.

In the News