Die storting van ingevoerde produkte het al duisende werkgeleenthede in Suid-Afrika gekos en dis bemoedigend dat die regering dié probleem nou takel.
Só sê Francois Baird, stigter van die organisasie FairPlay, ‘n kampvegter vir regverdige en billike handelsbeleid, in sy reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimuluspakket.
Ramaphosa het in sy toespraak op 21September gesê die regering gaan, binne die perke van die Wêreldhandelsorganisasie se reëls, die hoenderbedryf en ander “sensitiewe sektore” met invoertariewe teen die storting van goedkoop produkte van oorsee beskerm.
“Doelgerigte stappe deur die regering teen storting en ander roofsugtige praktyke is waarteen ons nog die “Storting van ingevoerde heeltyd baklei. Ons is bemoedig deur die erkenning van die belangrikheid van die pluimveebedryf as ‘n strategiese bedryf waarin daar belê moet word,” sê Baird.
FairPlay verwag dat die suikerbedryf ook voldoende ondersteuning sal kry, soos die president vroeër belowe het
Die enigste manier om groei te bevorder is om storting te beëindig.
“Dié praktyk het nou die punt bereik waar dit onherstelbare skade aan dié bedrywe kan aanrig.” Baird sê die organisasie het gehoop die president se toespraak sal spesifieker besonderhede oor planne vir die landbousektor in die algemeen en die suikerbedryf in die besonder bevat.
“Vroeër vanjaar het die president openlik erken suiker is een van SuidAfrika se grootste bedrywe waar ‘n groot aantal onafhanklike swart boere ‘n heenkome het.” Dié bedryf is ook ‘n groot werkskepper op die platteland en dit is noodsaaklik dat dit beskerm word, sê Baird.