DIE afskaffing van BTW op hoendervleis sal die vraag daarna verhoog en kan sótot die skep van 11 176 nuwe werkgeleenthede lei.
“‘n Volle prysverlaging van 15% kan tot ‘n verhoging van 7,8% in vraag lei,” sê die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).
Die organisasie het dié syfers in sy voorlegging aan die Woolard-paneel gebruik om ‘n nulkoers BTW op hoendervleis te motiveer. Dié paneel moes ondersoek of meer produkte van BTW vrygestel moet word.
Die SAPV sê ‘n nulkoers op hoendervleis kan onder meer R80 miljoen meer in die beursies van huishoudings in die laerinkomste groepe beteken, die gepaardgaande groei in vraag kan R3,66 miljard tot die bruto binnelandse produk (BBP) bydra, en die Regering kan uiteindelik R1 miljard meer aan inkomste verdien.
Die organisasie is daarom teleurgesteld dat die paneel nie ‘n nulkoers vir hoendervleis aanbeveel het nie.
Die saak is egter nie verlore nie.’n Finale besluit sal waarskynlik later vanjaar geneem word en die SAPV sê in ‘n verklaring hy wil ‘n sterk bydrae tot die openbare debat lewer.
Die organisasie sê Pricewaterhouse Coopers het sy voorlegging met ‘n ekonomiese en regulatoriese ontleding ondersteun.
Die voorlegging wentel om die kwessie dat hoendervleis ‘n hoofproteïenebron vir arm mense is en laerinkomste-huishoudings se grootste voedseluitgawe is. Die SAPV het voorgestel dat slegs hoenderstukke aan die been teen ‘n zero koers belas moet word.
Hy verwerp die paneel semening dat ‘n BTW-koersverlaging op hoendervleis dalk deur die bedryf geabsorbeer kan word, pleks dat die voordeel na verbruikers deurgegee word.
“Die vereniging sevoorstel is ter goeder trou gedoen en was goed gemotiveerd. Daar is geen rede vir die paneel om die bona fides van die SAPV of sy lede te betwyfel nie.”
Die organisasie gaan meganismes voorstel om te verseker dat ‘n koersverlaging ook tot ‘n prysverlaging vir verbruikers sal lei.
Die teenstortingsbeweging FairPlay sê die Woolard-paneel kon nie konsensusoor die hoender kwessie bereik nie en het dit na die Parlement verwys. FairPlay doen ‘n beroep op parlementslede om die vrystelling van hoendervleis van BTW te ondersteun.
Mnr. Francois Baird, FairPlay-stigter, sê hoendervleis is die nasie se stapelvoedsel en dat dit die beste manier is om die uitwerking van die BTW-verhoging op arm mens ete versag.
Baird sê nadat die kwessie in die Parlement bespreek is, sal die Regering openbare kommentaar oorweeg, wat tot einde van dees maand ingedien kan word.
– CARIEN KRUGER