Chicken Industry

Boere van Ghana en SA vat Hande Teen Storting

DIE Ghanese en Suid-Afrikaanse hoenderbedrywe gaan hul kragte saams noer om teen goedkoop ingevoerde hoender uit onder meer die Europese Unie (EU) tebaklei.

Die Ghanese en Suid-Afrikaanse pluimvee verenigings, die FairPlay-teenstortingsbeweging en die Food and Allied Workers’ Union (FAWU) het’n memorandum van verstandhouding daaroor gesluit.

Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, het op ‘n media-inligting sessie in Johannesburg ge sê die verskillende belanghebbendes sal hulle onder meer vir ‘n gelyke speelveldbeywer. Hulle wil ook hê dat almal aan dieselfde reëls oor voedsel veiligheid en verpakking moet voldoen. Daar benewens sal hulle vra vir beskermende handelstariewe en vir die bekamping van storting en roof pryse.

Mnr. Victor Adjei, voorsitter van die Ghane se nasionale vereniging van pluimvee boere (GNAPF), het gesê Ghana het eens’n florerende hoenderbedryf gehad. Sedert die jare tagtig het sy regering egter misluk om die bedryf teen gestorte hoender te beskerm.

MISBRUIK

Vandag lewer plaaslike boere maar sowat 5%van die produkte vir die mark, ondanks meer onlangse stappe om invoer te probeer beperk. Dit sluit ‘n stelsel in waar volgens in voerders eers invoer permitte mag kry indien hulle kan bewys dat hulle 40% van hul aankope plaaslik gedoen het. Adjei sé die stelsel is egter misbruik en nie afgedwing nie.

“Invoer maak ons bedryf dood,” het hy gesê. “Ons (die plaaslike bedryf) lewer nie produkte nie, want ons pryse is onmededingend.”

Adjei het gesê Ghana se bedryf het beleggings nodig – daar is onder meer net drie ou slagplase. Finansierings instellings vra egter vrae oor wat die mark vir die produk gaan wees.

“As ons ‘n billike speel veld gehad het, kon ons meer as 200 000 werkgeleenthede in die waardeketting geskep het, teenoor die 10000 poste wat daarnou is.

“As onsteen ‘n sterk groep, soos die EU, wil baklei, moet ons as Afrika saamstaan.”

Adjei het gesê die voordele van plaaslik geproduseerde hoender moet benadruk word, soos dat dit vars is en dat mense kan weet dit is veilig.

Verbruikers koop egter ingevoerde hoender omdat dit goedkoper is.

Volgens Adjei kos Europese produkte goedkoper in Ghana as die pryse wat hy selfdaarvoor in Europa gesien het.

-CARIEN KRUGER