News

Storting slaan RCL hard

GOEDKOOP ingevoerde suiker en hoendervleis is die grootste redes hoekom die gediversifiseerde voedselmaatskappy RCL Foods, met handelsname soos Selati, Epol en Rainbow Chicken, se wesens verdienste in die ses maande tot einde Desember met 26,3% tot R475 miljoen gedaal het.

“In die algemeen geniet die internasionale landbou subsidies en ander ingrypings van regerings. Dis hoekom hulle produkte in Suid-Afrika stort. Want hulle kan. Selfs al verhoog die SuidAfrikaanse regering die invoertariewe, wat nie dikwels gebeur nie, maak die oorsese produsente steeds ‘n wins,” sê mnr. Miles Dally, die maatskappy se uitvoerende hoof.

Die Suid-Afrikaanse landbou word telkens op die agtervoet geplaas omdat dit lank neem voordat die regering teen storting optree. RCL se suiker- en meulenaars afdeling se verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing (ebitda) het in die ses maande tot Desember verlede jaar met R143 miljoen (28,5%) tot R358 miljoen gedaal, grootliks weens die uitwerking van goedkoop ingevoerde suiker. Dally verwag dat die regering se tariewe op ingevoerde suiker wat verlede Augustus ingestel is, oor die volgende ses maande sal begin om die verliese te stuit.

“Weens die storting moet ons meer suiker uitvoer na ‘n gedempte wêreldmark. Ek hoop die regering se maatreëls sal die vloei van goedkoop invoerstuit. “Die verhoogde invoer van hoendervleis van veral Brasilië en Amerika bly ‘n probleem vir die plaaslike hoenderbedryf. RCL Foods het sy hoenderbedrywighede die afgelope paar jaar aansienlik geherstruktureer om winsgewender te wees. Volgens Dally het sake verbeter en is die groep tevrede met die vordering.

“Ons is egter steeds weerloos in die mark vir kitsbevrore stukke, wat die meeste deur invoer benadeel word. Die marges is bitter klein. Wanneer voerkoste styg en jy het ‘n surplus, soos nou, druk kleinhandelaars die prys aftot by die punt waar ons ‘n verlies op die produk maak.” Die maatskappy se handelsmerk Rainbow Chicken het skade gely toe sy hoender polonie verkeerdelik by die listeriosekrisis betrek is en hy al sy verwerkte vleisprodukte aandie mark moes onttrek.

Toetse kon agterna geen tekens van listeriose in sy aanlegte vind nie. Die polonie produkte is van verlede Augustus weer opdie winkelrakke. Volgens Dally is die verkoops volume nou sowat 80% van wat dit voor die krisis was. Die maatskappy is goed gediversifiseer. Ondanks die terugslae in die hoender- en suiker afdeling het ander sake-eenhede, soos kruideniersware, goed presteer. Dally is veral ingenome met die mark aandeel wat Nola (mayonnaise) en Yum Yum (grondboon botter) gewen het. RCL senuwe troeteldier kos, Feline Cuisine en Canine Cuisine, is volgens Dally ook goed deur die mark ontvang.

LOGISTIEK

Tot 77,5% van RCL Foods se aandele word nou deur die beleggings beheer maatskappy Remgro besit. Verlede jaar het Remgro ook die Spreads-onderneming (met handelsmerke soos Rama, Flora en Stork) van Unilever verkry. Volgens Dally skep die transaksie goeie geleenthede vir RCL en vir Spreads, wat nou deur RCL se groter bemarkingsplatform toegang tot die kleinhandelmark kry.

“Dit gee Spreads meer trefkrag as wanneer hy op sy eie gestaan het, terwyl ons vir die bestuursdienste wat ons lewer, bestuurs geld van Remgro ontvang, wat weer ons oorhoofste koste verwater.” Vector Logistics,RCL selogistieke afdeling, se ebitda het met 16,5%tot R88,5 miljoen gedaal, hoofsaaklik weens hoér insetkoste. Dis deels te wyte aan die hoér brandstofprys, maar ook omdat hy verlede jaar die kontrak gekry het om al Pick n Pay se bevrore voedsel te vervoer, wat heelwat belegging geverg het.

Die maatskappy se tussentyd se dividend van 150per aandeel is onveranderd teenoor die vorige ooreenstemmende tydperk. Sy aandeel prys het Maandag gunstig op die resultate gereageer en teen 13:00 met 7,5% tot R13,85 verhoog. Dis egter steeds 25% laer as’n jaar gelede.

Comments are closed.







Generic selectors

Exact matches only


Search in title


Search in content



Search in posts


Search in pages



Filter by Categories

All News


Chicken Industry


Facts


Media Releases


Monthly Reports


Sugar Industry


Uncategorized


VAT FREE Chicken