News

Hoendersonder BTW sal arm kinders help

Francois Baird, stigter: FairPlay As die grootste hoenderprodusent in Suid-Afrika is Astral se volgehoue stryd om sekere hoenderprodukte van BTW vrygestel te kry, uiters goeie nuus. (“Astral veg voort teen BTW op hoender,” Volksblad Sake24, 20/11).

Die druk op verbruikers het vanjaar kritiek toegeneem, weens talle petrolprysstygings asook die 1%-styging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) wat die felste impak op Suid-Afrika se armste burgers gehad het. Honger is ‘n realiteit in baie huishoudings, en die getalle van belemmerde groei (stunting) onder kinders weens chroniese wanvoeding is skokkend – een uit elke drie kleuters onder vyf, volgens Child Gauge 2017.

Ons kan nie ons volgende generasie so in die steek laat, en nie maniere vind om dié aaklige situasie te beredder nie. ‘n Goeie beginpunt sal wees om hoender vry te stel van die 15% BTW wat keer dat laeinkomstehuishoudings gereeld ‘n proteïenryke maaltyd kan bekostig.

Ons glo die minister van finansies, Tito Mboweni, het bloot die onafwendbare uitgestel toe hy in Oktober besluit het teen die insluiting van hoender in die BTW-vrye mandjie. Die argumente ten gunste van belastingverligting hiervoor gaan nie verdwyn nie. Ons ondersteun Astral en ander wat glo die regering moet die hoenderprodukte wat die relevantste vir armer huishoudings is, identifiseer en dit van BTW vrystel.

FairPlay het op 9 November ‘n tweede versoekskrif vir die insluiting van hoender in die BTW-vrye mandjie gerig. Ons hoop die regering sal dit met empatie en erns oorweeg.

Comments are closed.







Generic selectors

Exact matches only


Search in title


Search in content



Search in posts


Search in pages



Filter by Categories

All News


Chicken Industry


Facts


Media Releases


Monthly Reports


Sugar Industry


Uncategorized


VAT FREE Chicken