News

Hoenderboere pleit weer vir hoër invoertariewe

Sapa wil hê die hoër tariewe moet keer dat die plaaslike mark oorstroom word deur goedkoop hoenderinvoer van lande soos Brasilië.

Invoertariewe op bevrore hoenderstukke aan die been, asook ontbeende bevrore hoenderstukke, behoort van die huidige onderskeidelik 37% en 12% tot 82% verhoog te word, het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) gevra. Hul jongste aansoek by die departement van handel en nywerheid se kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) is in die Staatskoerant gepubliseer.

Sapa wil hê die hoër tariewe moet keer dat die plaaslike mark oorstroom word deur goedkoop hoenderinvoer van lande soos Brasilië. Dit blyk Brasiliaanse uitvoerders van hoendervleis teiken toenemend die Suid-Afrikaanse mark om die gaping te probeer vul weens invoer uit Europa wat in die afgelope jaar grootliks weens voëlgriep verbied is.

Brasilië word ook nie geraak deur die beveiligingsheffing van drie jaar wat op hoendervleis geplaas is wat van Europa ingevoer word nie. Die organisasie FairPlay, wat hom vir ’n billike handelsomgewing beywer, steun saam
met die vakbond Fawu die versoek vir hoër invoertariewe op hoender.

In ’n verklaring van FairPlay word Katishi Masemola, sekretaris-generaal van Fawu, aangehaal: “Suid-Afrikaanse hoenderprodusente moet uitbrei en werk skep, nie andersom nie. Dit is die grootste sektor in die landboubedryf en tienduisende werkers is van hoenderproduksie afhanklik, veral in landelike gebiede.”

Francois Baird, stigter van FairPlay, sê hoenderinvoer het al so toegeneem dat dit ’n kwart tot ’n derde van die Suid-Afrikaanse verbruikersmark uitmaak. Dit het veroorsaak dat kleiner produsente moes sluit en groteres moes afskaal en poste sny. “Die groeiende vraag na hoender word deur invoer gedek en werkgeleenthede gaan na ander lande pleks dat geleenthede vir Suid-Afrika se eie mense geskep word.”

Die hoenderbedryf is ook belangrik vir die voortbestaan van die soja- en graanbedryf, sê Baird. As deel van sy motivering vir die hoër invoertariewe sê Sapa die hoenderbedryf is die tweede grootste verbruiker van mielies in Suider-Afrika en die grootste verbruiker van sojabone. Die regering se strategie om die sojaboonbedryf te ontwikkel is dus afhanklik van die sukses van die plaaslike hoenderbedryf. Volgens Sapa gee die bedryf werk aan minstens 47 000 mense, met nog 58 000 verwante poste wat daardeur in stand gehou word.

Die ekonoom Mike Schüssler steun ook die hoër invoertariewe. Suid-Afrika is een van die kosuitvoerlande wat min subsidies en beskerming vir hul boere en kosbedrywe het, sê hy.

Deur Francois Williams 06 Desember 2018 16:09
LANDBOU

Comments are closed.





Generic selectors

Exact matches only


Search in title


Search in content



Search in posts


Search in pages



Filter by Categories

All News


Chicken Industry


Facts


Media Releases


Monthly Reports


News


Podcast


Retailers


Sugar Industry


Uncategorized


VAT FREE Chicken