News

Fairplay vra verbod op Brasiliaanse hoendervleis

MOONTLIKE salmonellabesmetting by ‘n Brasiliaanse hoenderprodusent wys hoe belangrik dit is dat die Suid-Afrikaanse Regering ‘n verbod op hoendervleis uit dié land moet plaas, sê die FairPlay-teenstortingsbeweging.

‘n Groot Brasiliaanse produsent moes op 13 Februarie meer as 450 ton hoendervleis weens moontlike salmonellabesmetting herroep. Salmonella kan dodelik wees vir kinders en bejaardes. FairPlay sê hoewel die hoeveelheid betreklik min is, is dit tekenend van die voortdurende voedselveiligheids probleme by Brasiliaanse hoenderaanlegte.

Twee jaar gelede het die sogenoemde weak flesh-skandaal korrupsie en bedrogby grootbees-en hoenderprodusente ontbloot. Brasilië is die grootste bron van ingevoerde hoendervleis in Suid-Afrika, naamlik meer as 60% van die totaal verlede jaar.

KRISIS ONNODIG

“Ná die listeriose krisis, wat tot 200 mense se doodgelei het, weet Suid-Afrika hoe vinnig voedselvergiftiging kan versprei. Ons het nie ‘n salmonella-voedselvergiftigings krisis nodig nie,” sê FairPlay, wat meen dat Suid-Afrika ander lande se voorbeeld behoort te volg.

Die Europese Unie het weens salmonellabesmetting produkte van 20 Brasiliaanse produsente verbied, terwyl Saoedi-Arabië – Brasilië se grootste uitvoerbestemming – vyf produsente se produkte om “tegniese redes” verbied het.

Die organisasie sê die jongste salmonella skandaal in Brasilië wys dat die risiko nou só groot is dat die neem van monsters of die lukrake toets van ingevoerde besendings nie voldoende is nie.

“Die Regering moet verbruikers beskerm deur ‘n gesondheids verbod op hoendervleis invoer uit Brasilië te plaas.”

Comments are closed.





Generic selectors

Exact matches only


Search in title


Search in content



Search in posts


Search in pages



Filter by Categories

All News


Chicken Industry


Facts


Media Releases


Monthly Reports


News


Podcast


Retailers


Sugar Industry


Uncategorized


VAT FREE Chicken