News

‘Betrek Verbruiker Om Invoer Te Stuit’

AS Jan en alleman plaaslike hoendervleis pleks van ingevoerde hoendervleis koop, sal dít ‘n groter invloed hê om invoer te stuit aswat handelsreëlskan vermag. Só het me. Imameleng Mothebe, senior bestuurder vir nywerheidsontwikkeling by die Departement van Handel en Nywerheid, op’n pluimveeforumvan Proudly SA gesé.

Mnr. Eustace Mashibye, uitvoerende hoof van Proudly SA, sê dié organisasie kan die bedryf se propagandamasjien wees.

Verskeie belanghebbendes by die volhoubare voortbestaan van die plaaslike pluimveebedryf, waaronder Nando’s, die FairPlay teenstortingsbeweging, groot pluimveeprodusente, soos Astral, Country Bird Holdings en Daybreak, asook opkomende hoenderboere het die forum bygewoon.

Me. Tracy Davids, koördineerder vir bedryfsvlakontleding van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), sêomdat verbruikers van groot uitvoerlande borsvleis verkies en hul produsente dus tot elke prys van ander snitte ontslae wil raak, sal hulle na verwagting hierheen bly uitvoer.

Mnr Francois Baird, FairPlaystigter, het voorgestel dat mnr. Nhlanhla Nene, nuwe Minister van Finansies, gevra word dat geen BTW op Suid-Afrikaanse hoendervleis gehef moet word nie.

SPEELVELD GELYK

Davids sé navorsing toon da Suid-Afrika een van die kostedoeltreffendste pluimvee bedrywe het.

Die land ding nie sogoedmet die groot uitvoerlande, soos Brasilië, Argentinië, Amerika en die Oekraïene, mee nie, maar redelik goed met die EuropeseUnie (EU). Suid-Afrika se soja meel neig om duurder as die res van die wêreld s’n te wees, maar sedert baie geld in parsaanlegte belê is, het die koste begin daal.

Suid-Afrika voer dus nie hoendervleis in omdat hy on mededingend is nie, maar omdat sy bemarking strategie, of tewelverbruikers se eetgewoontes, verskil van dié van anderlande.

Verskeie sprekers het ‘n beroep gedoen dat die speelveld minstens gelyk gemaak moet word, onder meerrakende strengverpakkings vereistes waaraan plaaslike produsente moet voldoen. (Sien die berig enfoto’s hiernaas.)

TARIEWE?

Volgens Mothebe het die Kommissie vir Internasionale Handels administrasie (Itac) sy werk voltooi rakende ‘n aansoek om ‘n beskermings maatreël in te stel vir hoendervleis uit die EU. Die voorlopige tarief van 13,9% het reeds middel verlede jaar verval.

Die ministers van handel binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings gemeenskap (SAOG) moet nou samesprekings voer oor moontlike beskermings maatreëls wat ingestel kan word.

  • CARIEN KRUGER

TYDLOOS

Op dié pak ingevoerde hoendervleis uit Argentinië, wat op 22 Februarie by Game in Rosebank, Johannesburg, afgeneem is, is daar geen vervaldatum en produksiekode in die aangewese blokkie nie. Die vervaldatum en ‘n ander onlees bare datum is elders op die pak gedruk, met die vervaldatum reeds verstreke.

Me. Annaleigh Vallie, woordvoerder van Massmart in Suid-Afrika, waarvan Game deel is, het by navraag gesê dié soort verpakking word uitgefaseer, onder meer omdat die gedrukte datumstempel nie doeltreffend is nie. Die betrokke Game-tak is gevra om ondersoek te doen na die verstreke vervaldatum.

Mnr.Francois Baird, FairPlaystigter, het gesê: “Die onverskillige manier waarop handelaars, soos Massmar t, etikette op hierdie gestorte ingevoer – de hoendervleis plak of nie plak nie, wys ‘n algehele minagting vir die veiligheid en gesondheid van hul klante.

Toe hierdie hoender vleis ontdooi en gehanteeris voordat dit in die sakke herverpak is, hoe streng is die baie belangrik e verkoelings ketting beskerm – of is dit met so min aandag soos die etikettering hanteer?”

Comments are closed.







Generic selectors

Exact matches only


Search in title


Search in content



Search in posts


Search in pages



Filter by Categories

All News


Chicken Industry


Facts


Press Releases


Sugar Industry